Deuteronomy 12:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy mag so aan die HERE jou God nie doen nie; want elke gruwel vir die HERE wat Hy haat, het hulle aan hulle gode gedoen; want selfs hulle seuns en hulle dogters het hulle vir hulle gode met vuur verbrand.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle mag nie die Here julle God op dieselfde manier aanbid nie. Hierdie nasies doen in die naam van hulle gode afskuwelike dinge wat die Here haat. Hulle verbrand selfs hulle seuns en dogters as offers vir hulle gode.
Afrikaans 1933/1953 So mag jy nie handel met die HERE jou God nie; want alles wat vir die HERE 'n gruwel is, wat Hy haat, het hulle vir hulle gode gedoen; want selfs hulle seuns en hulle dogters verbrand hulle met vuur vir hulle gode.
Afrikaans 1983 Julle mag nie die Here julle God dien op die manier waarop hulle hulle gode dien nie, want wat hierdie nasies doen, is afskuwelik vir die Here: hulle verbrand selfs hulle seuns en dogters vir hulle gode. Die Here haat dit alles.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy mag nie so offer vir die Here jou God nie, want alles wat vir die Here afstootlik is, waarin Hy 'n weersin het, offer hulle vir hulle gode. Ja, hulle verbrand selfs hulle seuns en dogters vir hulle gode.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Julle moenie julle God die Here só dien nie, want daardie mense doen slegte dinge vir hulle gode, die Here hou nie daarvan nie. Hulle doen dinge wat Hy haat, ja, hulle verbrand ook hulle kinders vir hulle gode.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moet tog nooit die Here aanbid soos die nasies hulle gode aanbid nie. Hulle doen dinge wat die Here haat. Ter ere van die gode gooi hulle sommer maklik hulle kinders in die vuur. En dit is vir die Here ’n gruwel.