Deuteronomy 12:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Pas op dat jy nie verstrik word deur hulle te volg nadat hulle voor jou uit verdelg word nie; en dat jy hulle gode nie raadpleeg deur te sê: Hoe het hierdie nasies hulle gode gedien nie? so sal ek ook so doen.
Afrikaans (NLV) 2011 moenie in die valstrik trap deur hulle voorbeeld te volg om ander gode te aanbid nie. Moet liewer nie vra: ‘Hoe aanbid hierdie nasies hulle gode dat ek ook so kan doen?’ nie.
Afrikaans 1933/1953 neem jou dan in ag dat jy nie, agter hulle aan, verstrik word nadat hulle voor jou uit verdelg is nie, en dat jy nie na hulle gode vra en sê nie: Hoe het hierdie nasies hulle gode gedien? -- dat ek ook so kan doen.
Afrikaans 1983 moet julle sorg dat julle nie, selfs nadat hulle deur julle verslaan is, deur hulle in 'n valstrik gelei word wanneer julle na hulle gode sou begin uitvra nie. Moenie sê: ‘Hoe vereer hierdie nasies hulle gode? Ek sou dit ook so wou doen’ nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wees versigtig dat jy, nadat hulle voor jou uitgedelg is, nie in dieselfde strik trap as hulle en dat jy nie oor hulle gode navraag doen nie deur te sê, ‘Hoe dien hierdie nasies hulle gode? Ek wil ook so offer.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan moet julle versigtig wees dat julle nie soos 'n voël in 'n vangstrik val nie, want dit sal met julle gebeur as julle ook daardie mense se gode wil aanbid en julle vra: ‘Hoe het daardie mense hulle gode gedien? Ons wil ook so doen.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) moet julle baie versigtig vir die ander volke se gode wees. Moet hulle glad nie dien nie. Moenie eers wonder hoe die gode aanbid word nie.