Deuteronomy 12:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En julle moet hulle altare omgooi en hulle pilare verbreek en hulle boomstamme met vuur verbrand; en julle moet die gesnede beelde van hulle gode afkap en hulle name uit daardie plek vernietig.
Afrikaans (NLV) 2011 Breek hulle altare af en kap hulle heilige pilare stukkend. Verbrand hulle Asjerapale en vernietig hulle afgode. Wis die name van hulle gode uit op daardie plekke!
Afrikaans 1933/1953 En julle moet hulle altare omgooi en hulle klippilare verbrysel en hulle heilige boomstamme met vuur verbrand en die gesnede beelde van hulle gode omkap en hulle naam van die plek laat verdwyn.
Afrikaans 1983 Breek hulle altare af, breek hulle klippilare stukkend, verbrand hulle gewyde pale, vernietig hulle afgodsbeelde en verwyder elke teken van hulle bestaan uit die land uit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Julle moet hulle altare afbreek, hulle gedenkstene stukkend slaan, hulle asjeras verbrand en die beelde van hulle gode stukkend kap. Julle moet hulle naam uit daardie plek uitroei.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet hulle altare afbreek, hulle klip-pale stukkend breek, hulle gewyde pale verbrand, en julle moet die beelde van hulle gode omgooi. Niemand op daardie plek moet onthou wie die gode was nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle altare moet jy omstoot, hulle klipstene verbrysel, hulle heilige pale met vuur verbrand, die beelde van hulle gode stukkend kap en hulle name van die plekke verwyder.