Deuteronomy 12:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Let op en hoor al hierdie woorde wat ek jou beveel, dat dit met jou en jou kinders ná jou vir ewig goed kan gaan as jy doen wat goed en reg is in die oë van die HERE jou God.
Afrikaans (NLV) 2011 Wees versigtig om al die gebooie te gehoorsaam wat ek vir julle gee, sodat dit altyd goed mag gaan met jou en jou kinders omdat julle doen wat reg is vir die Here julle God.
Afrikaans 1933/1953 Luister sorgvuldig na al hierdie woorde wat ek jou beveel, dat dit met jou en jou kinders njou goed kan gaan tot in ewigheid, as jy doen wat goed en reg is in die oë van die HERE jou God.
Afrikaans 1983 Julle moet al die gebooie wat ek julle gegee het, gehoorsaam en dan sal dit vir altyd goed gaan met julle en julle nageslag, want dan doen julle wat goed en reg is in die oë van die Here julle God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Jy moet al hierdie woorde wat ek jou opdra, nougeset gehoorsaam, sodat dit vir altyd goed sal gaan met jou en jou kinders ná jou, want dan doen jy wat goed en reg is in die oë van die Here jou God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Julle moet alles doen wat ek vandag vir julle sê. Dan sal dit altyd goed gaan met julle en met julle kinders ná julle, want dan doen julle goed en reg, soos die Here wil hê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Israel, luister mooi na alles wat ek vir julle sê. Doen wat goed en reg is in die oë van die Here. Dan sal dit met julle en julle kinders vir altyd baie goed gaan.”