Deuteronomy 12:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy moet jou brandoffers, die vleis en die bloed, op die altaar van die HERE jou God berei; en die bloed van jou slagoffers moet op die altaar van die HERE jou God uitgegooi word, en jy moet die vleis eet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle moet die vleis en die bloed van julle brandoffers op die altaar van die Here julle God offer. Die bloed van julle ander offers moet teen die kant van die altaar van die Here julle God uitgegooi word, maar van die vleis mag julle eet. |
| Afrikaans 1933/1953 | en jy moet jou brandoffers, die vleis en die bloed, berei op die altaar van die HERE jou God, en die bloed van jou slagoffers moet teen die altaar van die HERE jou God uitgegiet word; maar die vleis moet jy eet. |
| Afrikaans 1983 | Julle moet julle brandoffers, die vleis en die bloed daarvan, op die altaar van die Here julle God neersit. Die bloed van julle ander offers moet julle teen die altaar van die Here julle God uitgooi en dan mag julle die vleis eet. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy moet jou brandoffers, die vleis en die bloed, op die altaar van die Here jou God offer. Die bloed van jou maaltydoffers moet teen die altaar van die Here jou God uitgegooi word, maar die vleis mag jy eet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet julle brand-offers, die vleis en die bloed, daar op die altaar van julle God die Here offer. Julle moet die bloed uitgooi teen die altaar van julle God die Here, en julle mag die vleis eet. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Slegs daar moet julle die brandoffers met die vleis en die bloed volledig op die altaar verbrand. En slegs daar moet julle ’n deel van die slagoffer eet en die bloed op die altaar van die Here uitgooi. |