Deuteronomy 12:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Net jou heilige gawes wat jy het, en jou geloftes, moet jy aflê en gaan na die plek wat die HERE sal uitkies.
Afrikaans (NLV) 2011 Bring julle heilige gawes en julle gelofte-offers na die plek toe wat die Here sal kies.
Afrikaans 1933/1953 Net jou heilige gawes wat jy het, en jou gelofte-offers moet jy neem en na die plek kom wat die HERE sal uitkies;
Afrikaans 1983 Alle gewyde gawes wat julle by julle het en alles wat julle met 'n gelofte aan die Here beloof het, moet julle bring na die plek toe wat die Here sal kies.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die •heilige gawes wat jy het en jou gelofte-offers moet jy egter neem en net na die plek wat die Here sal kies, gaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Maar julle moet die gewyde presente wat julle wil gee en die offers wat julle belowe het, bring na die plek wat die Here sal kies.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Al die offers en die tiendes wat aan die Here gegee word, moet julle net na een plek toe bring.