Deuteronomy 12:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy mag dit nie eet nie; sodat dit met jou en jou kinders ná jou goed kan gaan as jy doen wat reg is in die oë van die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie die bloed eet nie, dan sal alles goed gaan met jou en jou kinders omdat julle doen wat reg is vir die Here.
Afrikaans 1933/1953 Jy mag dit nie eet nie, dat dit met jou en jou kinders njou goed kan gaan as jy doen wat reg is in die oë van die HERE.
Afrikaans 1983 As julle dit nie eet nie, doen julle wat reg is in die oë van die Here, en dan sal dit goed gaan met julle en julle nageslag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy mag dit nie eet nie, sodat dit met jou goed kan gaan en met jou kinders ná jou; want jy doen dan wat reg is in die oë van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moenie bloed eet nie, dan doen julle wat die Here wil hê, en dan sal dit goed gaan met julle en met julle kinders ná julle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Onthou, moenie die bloed drink nie. As julle hierdie voorskrifte nakom, sal dit met julle en julle kinders baie goed gaan.