Deuteronomy 12:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sorg net dat jy nie die bloed eet nie, want die bloed is die lewe; en jy mag die lewe nie saam met die vlees eet nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die enigste beperking is dat julle nooit die bloed mag eet nie, want die bloed is die lewe en julle mag nie die lewe saam met die vleis eet nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Bly daar net vas by dat jy die bloed nie eet nie, want die bloed is die siel, en jy mag die siel nie saam met die vleis eet nie. |
| Afrikaans 1983 | Julle moet net sorg dat julle nie die bloed eet nie, want die lewe van 'n dier is in sy bloed, en julle mag nie die lewe saam met die vleis eet nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wees net daarop bedag om glad nie die bloed te eet nie, want die bloed is die lewe en jy mag nie die lewe saam met die vleis eet nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar julle moet seker maak dat julle nie bloed eet nie, want die lewe is in die bloed, en julle mag nie die lewe eet saam met die vleis nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moet net nie die vleis rou eet nie, want die lewe is in die bloed. Daarom moet jy nie vleis met bloed en al eet nie. |