Deuteronomy 12:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Soos die gemsbok en die takbok geëet word, so moet jy dit eet; die onreine en die reines moet daarvan gelyk eet.
Afrikaans (NLV) 2011 Enigeen, rein of onrein, mag die vleis eet, net soos wat julle nou maak met ’n ribbok of takbok.
Afrikaans 1933/1953 Maar soos die gemsbok en die takbok geëet word, so moet jy dit eet; die onreine en die reine moet dit saam eet.
Afrikaans 1983 en soos in die geval van 'n ribbok of 'n takbok mag almal, rein en onrein, daarvan eet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy moet dit egter eet soos wat 'n gasel of rooitakbok geëet word. Onrein en rein persone mag dit saam eet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, julle mag hierdie vleis eet soos 'n mens die vleis van 'n gasel of 'n takbok eet. Mense wat rein is én mense wat onrein is, mag saam van die vleis eet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Enigeen kan die vleis eet.