Deuteronomy 12:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wanneer die HERE jou God jou grens sal uitbrei soos Hy jou beloof het, en jy sal sê: Ek sal vleis eet, want jou siel smag daarna om vleis te eet; vleis mag jy eet, alles wat jou siel begeer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Wanneer die Here julle God julle grondgebied vergroot soos Hy beloof het, mag julle vleis eet waar en wanneer julle wil. |
| Afrikaans 1933/1953 | As die HERE jou God jou grondgebied uitbrei, soos Hy jou beloof het, en jy sê: Ek wil vleis eet -- omdat jy lus het om vleis te eet -- dan mag jy na hartelus vleis eet. |
| Afrikaans 1983 | “Wanneer die Here julle God julle grondgebied uitbrei, soos Hy julle beloof het, en julle besluit om vleis te eet omdat julle lus is daarvoor, mag julle dit in enige plek eet waar julle woon. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Wanneer die Here jou God jou gebied uitbrei soos Hy jou beloof het, en jy dink, ek sal graag vleis wil eet, omdat jy daarvoor lus het, dan mag jy maar soveel vleis eet as wat jy begeer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Julle God die Here het belowe dat Hy julle land groter sal maak. Wanneer Hy dit doen, en julle wil vleis eet omdat julle honger is, dan mag julle enige tyd vleis eet. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Wanneer die Here julle woongebied uitbrei soos Hy belowe het, en julle lus kry vir vleis, mag julle eet wanneer en waar julle ook al wil. |