Deuteronomy 12:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Julle sal al die plekke waarin die nasies wat julle in besit sal neem, met die banvloek tref, hulle gode gedien het, op die hoë berge en op die heuwels en onder elke groen boom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Wanneer julle die nasies uitdryf wat daar bly, moet julle al die plekke vernietig waar hulle hulle gode aanbid — plekke hoog op in die berge, teen heuwels en onder elke groen boom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Julle moet terdeë verniel al die plekke waar die nasies wat julle gaan verdrywe, hulle gode gedien het op die hoë berge en op die heuwels en onder elke groen boom. |
| Afrikaans 1983 | “Vernietig elke plek waar die nasies vir wie julle gaan verdryf, hulle gode gedien het: op hoë berge, op heuwels en onder elke groen boom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al die aanbiddingsplekke op die hoë berge, op die heuwels en onder elke skaduryke boom, waar die nasies vir wie julle gaan verdryf hulle gode dien, moet julle heeltemal vernietig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Julle sal hierdie land vat van die volke wat nou daar woon. Die volke het hulle gode gedien op die hoë berge, op die heuwels en onder elke boom wat altyd blare het. Julle moet al daardie plekke heeltemal verwoes. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wanneer julle daardie land binnekom, moet julle al die plekke verwoes waar die nasies hulle gode aanbid het. Vernietig alles op die hoë berge, bo-op heuwels en onder elke groen boom. |