Deuteronomy 12:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar jy moet dit eet voor die aangesig van die HERE jou God op die plek wat die HERE jou God sal uitkies, jy en jou seun en jou dogter en jou dienskneg en jou diensmaagd en die Leviet wat in jou poorte is; en jy sal vrolik wees voor die aangesig van die HERE jou God oor alles waaraan jy jou hande slaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle moet dit daar in die teenwoordigheid van die Here julle God gaan eet op die plek wat die Here julle God sal kies. Eet die offers saam met julle kinders, julle werknemers en die Leviete wat in julle dorpe woon. Juig voor die Here julle God oor alles wat julle doen.
Afrikaans 1933/1953 Maar jy moet dit eet voor die aangesig van die HERE jou God op die plek wat die HERE jou God sal uitkies, jy en jou seun en jou dogter en jou slaaf en jou slavin en die Leviet wat in jou poorte is; en jy moet vrolik wees voor die aangesig van die HERE jou God oor alles waar jy jou hand aan slaan.
Afrikaans 1983 Dit mag julle net in die teenwoordigheid van die Here julle God eet op die plek wat Hy gekies het. Eet dit, saam met julle seuns en dogters, julle slawe en slavinne en die Leviete wat by julle woon. In die teenwoordigheid van die Here julle God moet julle bly wees oor alles wat Hy julle laat regkry het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Slegs in die teenwoordigheid van die Here jou God, op die plek wat Hy kies, mag jy dit eet – jy, jou seuns en dogters, jou slawe en slavinne en die Leviete wat in jou dorpe is. Jy moet vol vreugde wees voor die Here jou God oor alles waaraan jy jou hand gewaag het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet dit gaan eet op die plek wat julle God die Here sal kies, julle moet dit doen saam met julle kinders, julle slawe en slavinne, en die Leviete wat by julle woon. Julle God die Here sal by julle wees. Julle moet daar feesvier met alles waarvoor julle gewerk het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle en julle kinders asook julle werkers en die Leviete wat in julle dorpe woon, moet hierdie offers net by een plek eet. En dit is die plek wat die Here sal kies. Daar moet julle voor die Here bymekaarkom en bly wees oor julle harde werk.