Deuteronomy 12:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jy mag nie binne jou poorte eet van die tiende van jou koring, of van jou wyn, of van jou olie, of die eersgeborenes van jou beeste of van jou kleinvee, of enige van jou geloftes wat jy beloof, of jou vrywillige offergawes of offergawes nie offer van u hand: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Maar julle offers mag nie by julle huise geëet word nie — nie die tiendes van julle graan of wyn of olyfolie nie, ook nie die eersgeborenes van julle bees- of skaaptroppe nie, ook nie ’n gelofte-offer of ’n vrywillige offer of enige spesiale gawe nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy mag in jou poorte nie eet die tiendes van jou koring en jou mos en jou olie en die eersgeborenes van jou beeste en jou kleinvee en al jou gelofte-offers wat jy sal belowe, en jou vrywillige offers en die offergawe van jou hand nie. |
| Afrikaans 1983 | “In die plekke waar julle woon, mag julle ook nie die tiende van julle koring of wyn of olie eet nie, ook nie die eerstelinge van julle grootvee of kleinvee nie, en ook nie iets wat julle aan die Here beloof het of enige vrywillige offer of ander bydrae aan die Here nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Jy word nie toegelaat om in jou dorpe die tiendes van jou koring te geniet nie, ook nie van jou •nuwe wyn en olie, die eersgeborenes van jou beeste en kleinvee, enige gelofte-offer wat jy aan die Here beloof het, of jou vrywillige offers en wydingsgeskenke nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle mag ook nie by julle woonplekke die tiendes eet van julle koring, wyn en olyf-olie nie, ook nie die eerste kalwers en lammers, of die offers wat julle vir die Here belowe het, of die offers wat julle self wil bring, of die presente wat julle gee nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle mag egter nie die tiendes van julle koring, mos, olie en die eersgeborenes van julle vee in julle blyplekke eet nie. Ook nie die vrywillige offers wat julle die Here belowe het of enige ander offer nie. |