Deuteronomy 12:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar jy mag in al jou poorte vleis slag en eet wat jou siel ook al begeer, volgens die seën van die HERE jou God wat Hy jou gegee het; die hart. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Maar julle mag diere vir hulle vleis slag in enige dorp waar ook al, net soos wat julle nou maak met ribbokke en takbokke. Julle mag soveel diere eet soos wat die Here julle God vir julle gee. Almal van julle, rein of onrein, mag die vleis eet. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar na hartelus mag jy slag en vleis eet ooreenkomstig die seën van die HERE jou God wat Hy jou in al jou poorte gee; die onreine en die reine mag daarvan eet, soos van die gemsbok en die takbok. |
| Afrikaans 1983 | Vir kos mag julle egter op enige plek waar julle woon 'n dier slag en die vleis eet wat die Here julle God vir julle gee deurdat Hy julle voorspoedig maak. Of 'n persoon rein of onrein is, hy mag daarvan eet, ook van 'n ribbok of 'n takbok. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy mag wel slag soveel as waarvoor jy lus het, en vleis eet volgens die mate waarin die Here jou God jou geseën het in al jou dorpe. •Onrein en rein persone mag dit eet, soos in die geval van 'n gasel en 'n rooitakbok. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Maar wanneer julle honger is, dan mag julle van die diere slag wat die Here vir julle gegee het toe Hy julle geseën het oral waar julle woon. Mense wat rein is én mense wat onrein is, mag van die vleis eet soos hulle die vleis eet van 'n gasel of 'n takbok. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle mag natuurlik oral diere slag en eet. Eet na hartelus soveel as wat die Here julle gegee het. Almal kan van die vleis eet soos ’n mens ’n takbok of ’n ribbok eet. |