Deuteronomy 12:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar op die plek wat die HERE in een van jou stamme sal uitkies, daar moet jy jou brandoffers bring, en daar moet jy alles doen wat Ek jou beveel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle mag julle brandoffers net op die plek bring wat die Here binne die gebied van een van die stamme sal kies. Daar moet julle julle brandoffers bring en alles doen wat julle beveel is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar op die plek wat die HERE in een van jou stamme sal uitkies, daar moet jy jou brandoffers bring en daar alles doen wat ek jou beveel. |
| Afrikaans 1983 | Julle mag dit net offer op die plek wat die Here sal kies in die gebied van een van die stamme. Daar moet julle julle brandoffers offer en daar moet julle alles doen wat ek julle beveel het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Slegs op die plek wat die Here kies by een van jou stamme, daar moet jy jou brandoffers bring en daar moet jy alles doen wat ek jou beveel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle mag julle brand-offers bring net op die plek wat die Here sal kies in die land van een van die stamme, en daar moet julle alles doen wat ek vir julle sê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle moet net na die spesifieke plek toe gaan wat die Here uit al die stamme van Israel sal kies. Daarheen moet julle julle brandoffers bring en daar moet julle alles doen wat ek vir julle gesê het. |