Deuteronomy 12:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan sal daar 'n plek wees wat die HERE jou God sal uitkies om sy Naam daar te laat woon; daarheen moet julle alles bring wat Ek julle beveel; julle brandoffers en julle slagoffers, julle tiendes en die hefoffer van julle hand en al julle uitsoekgeloftes wat julle aan die HERE beloof.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar is die plek wat die Here julle God uitgekies het vir die eer van sy Naam. Dit is die plek waarheen julle alles moet bring soos beveel is: brandoffers, ander offers, tiendes, julle gawes en julle gelofte-offers.
Afrikaans 1933/1953 Dan moet julle na die plek wat die HERE julle God sal uitkies om sy Naam daar te laat woon, alles bring wat ek julle beveel: julle brandoffers en julle slagoffers, julle tiendes en die offergawe van julle hand en al julle keurgelofte-offers wat julle die HERE sal belowe.
Afrikaans 1983 Daar is die plek wat die Here julle God sal kies om sy Naam daar te laat woon en daarheen moet julle al die offers bring soos ek julle beveel het: julle brandoffers en ander offers, julle tiendes en ander bydraes, en al die gelofteoffers wat julle aan die Here beloof het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) dan moet dit gebeur op die plek wat die Here julle God kies om daar sy Naam te vestig. Daarheen moet julle gaan met alles wat ek julle beveel: julle brandoffers en maaltydoffers, julle tiendes en wydingsgeskenke, asook al julle besondere gelofte-offers wat julle aan die Here beloof.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan sal julle God die Here 'n plek kies waar julle Hom moet aanbid. Julle moet alles na daardie plek bring, alles wat ek vir julle sê: julle brand-offers en ander offers, julle tiendes en julle presente, en die beste dinge wat julle vir die Here belowe het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan sal die Here net een plek kies waar Hy aanbid moet word. Daarheen moet julle alles bring wat ek julle vroeër gesê het: julle brandoffers, slagoffers en tiendes, asook daardie geskenke wat julle die Here belowe het.