Deuteronomy 12:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar as julle deur die Jordaan trek en woon in die land wat die HERE julle God julle as erfdeel gee, en as Hy julle rus gee van al julle vyande rondom, sodat julle veilig woon;
Afrikaans (NLV) 2011 Julle sal binnekort die Jordaanrivier oorsteek en gaan lewe in die land wat die Here julle God aan julle as ’n besondere besitting gee. Daar sal Hy julle rus gee van al julle vyande rondom julle en julle veilig laat woon.
Afrikaans 1933/1953 Maar julle sal deur die Jordaan trek en woon in die land wat die HERE julle God julle laat erwe, en Hy sal julle rus gee van al julle vyande rondom, en julle sal veilig woon.
Afrikaans 1983 Maar julle sal deur die Jordaan trek en gaan woon in die land wat die Here julle God julle sal laat besit en daar sal julle rus hê van al julle vyande in die omgewing en daar sal julle veilig woon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar wanneer julle die Jordaan oorgesteek het, en in die land woon wat die Here julle God vir julle as erfenis gaan gee, en Hy vir julle rus gee van al julle vyande in die omtrek, en julle veilig woon,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar julle sal deur die Jordaan-rivier gaan en julle sal gaan woon in die land wat julle God die Here vir julle gee, die land sal aan julle behoort. Die Here sal julle laat wen teen al die vyande rondom julle, hulle sal julle nie kan aanval nie, en julle sal veilig woon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer julle binnekort deur die Jordaan trek, sal julle die land binnegaan wat die Here julle God graag aan julle wil gee. Hy sal julle daar rustig laat woon en julle teen julle vyande beskerm.