Deuteronomy 12:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit is die insettinge en verordeninge wat julle moet onderhou om te doen in die land wat die HERE, die God van jou vaders, aan jou gee om dit in besit te neem, al die dae wat julle op die aarde lewe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “So lank as wat julle lewe, moet julle hierdie voorskrifte en bepalings uitvoer in die land wat die Here, die God van julle voorouers, aan julle gee. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit is die insettinge en die verordeninge wat julle sorgvuldig moet hou in die land wat die HERE, die God van jou vaders, jou gegee het om dit in besit te neem al die dae wat julle op die aarde lewe. |
| Afrikaans 1983 | “Hier volg voorskrifte en bepalings waaraan julle julle lewe lank gehoorsaam moet wees en waarvolgens julle hier op aarde moet lewe in die land wat die Here die God van julle voorvaders aan julle gegee het om in besit te neem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Hier volg die vaste voorskrifte en beslissings wat julle nougeset moet nakom in die land wat die Here, die God van jou voorouers, vir jou gegee het om as erfenis te besit solank as wat julle op die grond leef. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het gesê: “Hier is die wette waaraan julle gehoorsaam moet wees in die land wat die Here, die God van julle voorvaders, vir julle gee. Julle moet die land vir julleself vat en julle moet doen wat die wette sê so lank soos julle op die aarde sal lewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Hier volg al die wette waarvolgens julle moet leef in die land wat die Here, die God van julle voorvaders, vir julle wil gee. |