Deuteronomy 11:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dat julle die dae kan verleng in die land wat die HERE aan julle vaders met 'n eed beloof het om aan hulle en hulle nageslag te gee, 'n land wat oorloop van melk en heuning.
Afrikaans (NLV) 2011 As julle gehoorsaam is, sal julle ’n lang lewe geniet in die land wat die Here vir julle voorouers en hulle nageslag gesweer het dat Hy dit aan hulle sal gee. Dit is ’n uiters vrugbare land.
Afrikaans 1933/1953 en dat julle die dae kan verleng in die land wat die HERE aan julle vaders met 'n eed beloof het om aan hulle en hul nageslag te gee, 'n land wat oorloop van melk en heuning.
Afrikaans 1983 As julle gehoorsaam is, sal julle baie lank bly woon in die land wat die Here met 'n eed beloof het om aan julle voorvaders en hulle nageslag te gee. Dit is 'n land wat oorloop van melk en heuning.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en sodat julle lank kan leef op die grond wat die Here aan julle voorvaders met 'n eed beloof het om aan hulle en hulle nageslag te gee – 'n land wat oorloop van melk en heuning.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En dan sal julle lank lewe in die land wat die Here vir julle voorvaders belowe het, Hy het belowe om dit vir hulle en hulle nageslag te gee. Dit is 'n land waar baie melk en heuning is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wees getrou sodat julle lank in daardie vrugbare land kan bly wat die Here al aan julle voorvaders beloof het.