Deuteronomy 11:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En wat hy met Datan en Abiram, die seuns van Eliab, die seun van Ruben, gedoen het: hoe die aarde haar mond oopgemaak en hulle verslind en hulle en hulle huisgesinne en hulle tente en al die goed wat in hulle besit was, in onder die hele Israel:
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle was nie daar om te sien wat Hy aan Datan en Abiram, die seuns van Eliab, ’n afstammeling van Ruben, gedoen het nie. Die aarde het oopgegaan en hulle en hulle familie ingesluk met hulle tente en elke lewende ding wat hulle besit het.
Afrikaans 1933/1953 en wat Hy aan Datan en Ab¡ram, die seuns van El¡ab, die seun van Ruben, gedoen het -- hoe die aarde sy mond oopgemaak en hulle saam met hul huisgesinne en hul tente en al die lewende wesens agter hulle aan, onder die hele Israel verslind het;
Afrikaans 1983 wat Hy gedoen het met Datan en Abiram, seuns van Eliab seun van Ruben, toe die aarde oopgeskeur het en hulle en hulle familie en hulle eiendom, selfs al hulle vee ingesluk het voor die oë van al die Israeliete.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en wat Hy gedoen het aan Datan en Abiram, die seuns van Eliab, die nasaat van Ruben, toe die grond sy mond oopgesper en hulle verswelg het saam met hulle huisgesinne en tente en al die lewende hawe agter hulle aan, in die teenwoordigheid van die hele Israel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle het gesien wat Hy gedoen het met Datan en Abiram, die seuns van Eliab van die nageslag van Ruben. Julle het gesien hoe die aarde oopgeskeur en hulle ingesluk het saam met hulle huisgesinne en hulle tente en almal wat saam met hulle opstandig was. Al die ander Israeliete het dit gesien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle onthou ook nog wat Hy met die seuns van Eliab, Datan en Abiram, van die Rubenstam gedoen het: hoe die aarde voor die hele Israel oopgeskeur het en hoe Datan en Abiram, saam met hulle vroue en kinders, hulle werkers en besittings daarin geval het.