Deuteronomy 11:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En wat Hy gedoen het aan die leër van Egipte, aan hulle perde en aan hulle strydwaens; hoe Hy die water van die Skelfsee hulle laat oorstroom het terwyl hulle julle agternagesit het, en hoe die HERE hulle tot vandag toe verdelg het; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het nie gesien wat die Here aan die Egiptiese leër, perde en strydwaens gedoen het toe Hy hulle in die Rietsee laat verdrink het toe hulle julle agternagesit het nie. Ook nie hoe Hy hulle so vernietig het dat hulle steeds nog magteloos is nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | en wat Hy gedoen het aan die leër van Egipte, aan sy perde en aan sy strydwaens waaroor Hy die waters van die Skelfsee laat aanstroom het toe hulle julle agtervolg het, sodat die HERE hulle omgebring het tot vandag toe; |
| Afrikaans 1983 | Julle het beleef wat Hy gedoen het met die leër van Egipte, sy perde en sy strydwaens wat die Here deur die water van die Rietsee laat verswelg het toe hulle julle agtervolg het. Die Here het hulle mag so gebreek dat hulle nou nog nie herstel het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en wat Hy gedoen het aan die Egiptiese leër, aan hulle perde en strydwaens waaroor Hy die water van die Rietsee laat stroom het toe hulle julle agtervolg het, en hoe die Here hulle uitgewis het – dit is vandag nog so – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle het gesien wat die Here gedoen het aan die leër van Egipte, hulle perde en hulle oorlogkarre. Julle het gesien hoe Hy die water van die Riet-see oor hulle laat vloei het toe hulle vir julle gevolg en gejaag het. Die Here het hulle vir altyd laat sterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | wat met die Egiptiese weermag gebeur het; wat Hy met al die perde en ruiters wat julle agtervolg het, gemaak het; hoe almal in die see beland en verdrink het. |