Deuteronomy 11:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want julle sal deur die Jordaan trek om in te gaan om die land in besit te neem wat die HERE julle God aan julle gee, en julle sal dit in besit neem en daarin woon. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle staan op die punt om die Jordaan oor te steek en die land wat die Here julle God aan julle gee, in besit te neem en daar te gaan woon. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want julle trek deur die Jordaan om die land in besit te gaan neem wat die HERE julle God aan julle sal gee; en julle sal dit in besit neem en daarin woon. |
| Afrikaans 1983 | “Julle staan op die punt om deur die Jordaan te trek om die land in besit te neem wat die Here julle God aan julle gee. Wanneer julle dit in besit geneem het en daar woon, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Omdat julle oor die Jordaan trek om die land wat die Here julle God vir julle gaan gee, te verower, en omdat julle dit in besit sal neem en daarin sal woon, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle sal deur die Jordaan-rivier gaan om die land vir julleself te gaan vat, die land wat julle God die Here vir julle gee. Wanneer julle dit vat en daar gaan woon, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle staan op die punt om die Jordaan oor te steek en die land in besit te neem wat die Here graag vir julle wil gee. |