Deuteronomy 11:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Is hulle nie aan die oorkant van die Jordaan, langs die pad waar die son ondergaan, in die land van die Kanaäniete wat woon in die veldtog teenoor Gilgal, langs die vlaktes van More nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | (Hierdie twee berge lê wes van die Jordaanrivier in die land van die Kanaäniete wat in die Jordaanvallei naby die dorp Gilgal woon. Dit is in die weste, nie ver van die eikebome van Moré nie.) |
| Afrikaans 1933/1953 | Lê hulle nie oorkant die Jordaan, agter die pad in die weste, in die land van die Kanaäniete wat in die Vlakte woon, teenoor Gilgal, by die terpentynbome van More nie? |
| Afrikaans 1983 | Die twee berge lê wes van die Jordaan, anderkant die pad uit die ooste, die pad uit die gebied van die Jordaanvallei, waar die Kanaäniete woon, regoor Gilgal, naby die waarsêersboom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Lê hulle nie oorkant die Jordaan, anderkant die pad in die weste, in die land van die Kanaäniete wat in die Araba woon, teenoor Gilgal by die akkerbome van Morê nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hierdie twee berge is anderkant die Jordaan-rivier, langs die pad wat van die see in die weste na die Jordaan-vallei gaan. Die Kanaäniete woon daar, oorkant die stad Gilgal, naby die bome van die waarsêers. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierdie twee berge lê aan die westekant van die Jordaan in die gebied van die Kanaäniete wat in die Jordaanvallei woon en digby Gilgal se waarsêersboom. |