Deuteronomy 11:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as die HERE jou God jou ingebring het in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem, moet jy die seën op die berg Gerisim lê en die vloek op die berg Ebal.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wanneer die Here julle God julle inbring in die land om dit in besit te neem, moet julle op Gerisimberg ’n seën aankondig en op Ebalberg ’n vloek.
Afrikaans 1933/1953 As dan die HERE jou God jou inbring in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem, moet jy die seën op die berg Ger¡sim lê en die vloek op die berg Ebal.
Afrikaans 1983 Wanneer die Here julle God julle bring in die land wat julle in besit gaan neem, moet julle die seën afkondig op Gerisimberg en die straf op Ebalberg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Wanneer die Here jou God jou inbring in die land waarheen jy op pad is om dit in besit te neem, moet jy die seën plaas op die berg Gerisim en die vloek op die berg Ebal.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer julle God die Here julle bring in die land wat julle vir julleself moet gaan vat, dan moet julle op Gerisim-berg gaan staan om vir die mense te sê dat die Here hulle sal seën, en julle moet op Ebal-berg gaan staan om te sê dat die Here daardie mense sal vervloek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer julle die Beloofde Land binnegegaan en daar gaan woon het, moet julle op die berg Gerisim die seën van die Here uitroep en op die Ebalberg sy vloek.