Deuteronomy 11:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En 'n vloek, as julle nie die gebooie van die HERE julle God gehoorsaam nie, maar afwyk van die weg wat ek julle vandag beveel, om agter ander gode aan te loop wat julle nie geken het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle sal ’n vloek ontvang as julle die gebooie van die Here julle God verwerp en wegdraai van sy pad deur vreemde gode te aanbid. |
| Afrikaans 1933/1953 | en die vloek as julle nie luister na die gebooie van die HERE julle God nie, maar afwyk van die weg wat ek julle vandag beveel, om agter ander gode aan te loop wat julle nie geken het nie. |
| Afrikaans 1983 | die straf sal kom as julle ongehoorsaam is aan die gebooie van die Here julle God en die pad verlaat wat ek julle vandag aangewys het en ander gode aanhang waarvan julle nou nog nie eers weet nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en die vloek as julle nie luister na die gebooie van die Here julle God nie, maar afwyk van die pad wat ek julle vandag beveel, deur agter ander gode wat julle nie geken het nie, aan te loop. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en Hy sal julle vervloek as julle nie gehoorsaam is aan sy wette nie, as julle ophou om te lewe soos ek vandag vir julle sê en as julle ander gode gaan dien, gode wat julle voorheen nie geken het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Indien julle ongehoorsaam is en die rug vir die Here draai en ander vreemde gode aanbid, sal ’n vloek op julle rus. |