Deuteronomy 11:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Niemand sal voor julle standhou nie, want die HERE julle God sal die vrees vir julle en die vrees vir julle lê oor die hele land waarop julle sal trap, soos Hy aan julle gesê het.
Afrikaans (NLV) 2011 Niemand sal teen julle kan staande bly nie, want oral waar julle in die land gaan, sal die Here julle God skrik en vrees voor julle uitstuur, soos Hy beloof het.
Afrikaans 1933/1953 Niemand sal teen julle standhou nie; die HERE julle God sal die skrik en vrees vir julle oor die hele land laat kom waarop julle sal loop, soos Hy julle beloof het.
Afrikaans 1983 Niemand sal teen julle kan bly staan nie. Soos die Here beloof het, sal Hy orals waar julle gaan, 'n skrik en angs vir julle oor die land laat kom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Niemand sal voor julle standhou nie. Die Here julle God sal, soos Hy julle beloof het, op elke plek in die land wat julle betree, vrees en angs vir julle laat posvat.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Niemand sal kan wen teen julle nie, julle God die Here sal al die mense in die land laat skrik vir julle en bang laat word vir julle, soos Hy belowe het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Waar julle ook al gaan, sal julle die ander nasies oorwin. Niemand sal teen julle standhou nie. Die Here sal sorg dat almal vir julle bang is.”