Deuteronomy 11:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Elke plek waar julle voetsole op sal trap, sal julle s'n wees: van die woestyn en die Líbanon af, van die rivier af, die Eufraatrivier, tot by die uiterste see sal julle kusgebied wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op elke plek waar julle julle voete neersit, sal dit julle s’n word. Julle grense sal strek van die woestyn in die suide tot by die Libanon in die noorde, van die Eufraatrivier in die ooste tot by die Middellandse See in die weste. |
| Afrikaans 1933/1953 | Elke plek waar julle voetsool op trap, sal aan julle behoort; van die woestyn en die L¡banon, van die rivier, die Eufraatrivier, tot by die Westelike See sal julle grondgebied wees. |
| Afrikaans 1983 | Elke plek waar julle kom, sal julle s'n wees: van die woestyn in die suide af tot by Libanonberg in die noorde, van die rivier, die Eufraatrivier, in die ooste af tot by die see in die weste. Dit sal julle grense wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Elke plek waar julle voetsole trap – aan julle sal dit behoort. Van die woestyn af tot by die Libanon en van die rivier af, die Eufraatrivier, tot by die see in die weste sal julle grondgebied wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Elke plek waar julle sal kom, sal julle plek word, van die woestyn tot by die Libanon-berg, van die Eufraat-rivier tot by die see in die weste. Dit sal julle land word. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Elke plek waar julle in die land rondstap, sal julle s’n word. Die hele gebied van die woestyn af tot by die Libanonberg in die noorde en van die Eufraatrivier in die ooste tot by die Middellandse See in die weste. |