Deuteronomy 11:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) sodat julle dae en die dae van julle kinders vermeerder kan word in die land wat die HERE aan julle vaders met 'n eed beloof het om aan hulle te gee, soos die dae van die hemel op die aarde.
Afrikaans (NLV) 2011 Dan sal julle en julle nageslag lank, so lank as wat die hemel bo die aarde is, kan bly in die land wat die Here aan julle voorouers belowe het.
Afrikaans 1933/1953 sodat julle dae en die dae van julle kinders in die land wat die HERE aan julle vaders met 'n eed beloof het om aan hulle te gee, kan vermenigvuldig soos die dae van die hemel bo-oor die aarde.
Afrikaans 1983 Dan sal julle en julle nageslag lank, ja, so lank as die hemel en die aarde sal bestaan, bly woon in die land wat die Here met 'n eed beloof het om aan julle voorvaders te gee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sodat julle en julle kinders baie jare lank kan leef op die grond wat die Here met 'n eed aan julle voorvaders beloof het om aan hulle te gee, so baie as wat die jare van die hemelruim bo die aarde is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As julle dit alles doen, dan sal julle en julle kinders lank lewe in die land wat die Here vir julle voorvaders belowe het. Julle sal hier woon so lank soos die hemel en die aarde daar sal wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan sal julle en julle kinders lank en gelukkig in die land leef wat die Here vir julle voorouers beloof het. Julle sal in daardie land woon so lank as wat daar ’n hemel en ’n aarde is.