Deuteronomy 11:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom moet julle hierdie woorde van My in julle hart en in julle siel weglê en dit as 'n teken op julle hand bind, sodat dit soos voorhoofsbande tussen julle oë kan wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Verbind julleself heelhartig aan hierdie woorde van die Here. Bind die woorde aan julle hande as ’n herinneringsteken en dra dit as ’n teken op julle voorkoppe. |
| Afrikaans 1933/1953 | Lê dan hierdie woorde van my weg in julle hart en in julle siel, en bind dit as 'n teken op julle hand en laat dit as 'n voorhoofsband tussen julle oë wees, |
| Afrikaans 1983 | Hierdie woorde van die Here moet julle lewe vul. Julle moet dit as herinneringsteken vasbind aan julle hande en dit moet 'n merk op julle voorkoppe wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Koester hierdie woorde van my met hart en siel. Bind dit as 'n teken om julle hande en laat dit versierings op julle voorkoppe wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet die dinge onthou wat ek vandag vir julle sê. Julle moet dink aan hierdie dinge wanneer julle werk met julle hande en wanneer julle na iets kyk |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Al die woorde wat ek julle vandag leer, moet julle in julle hart bêre en altyd daaraan dink. Maak dit aan julle arms vas en bind dit styf om julle voorkop. |