Deuteronomy 11:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dan word die toorn van die HERE teen julle ontvlam, en Hy het die hemel toegesluit, sodat daar geen reën is nie en dat die land sy vrugte nie sal gee nie; en dat julle nie gou vergaan van die goeie land wat die HERE aan julle gee nie.
Afrikaans (NLV) 2011 As julle dit doen, sal die woede van die Here teen julle ontvlam. Hy sal die hemel toesluit sodat dit nie reën nie en julle oeste misluk. Dan sal julle gou omkom in die goeie land wat die Here aan julle gee.
Afrikaans 1933/1953 en die toorn van die HERE teen julle ontvlam en Hy die hemel toesluit, sodat daar geen reën is en die aarde sy opbrings nie gee nie, en julle gou uit die goeie land omkom wat die HERE julle gee.
Afrikaans 1983 want dan sal die toorn van die Here teen julle ontvlam, en Hy sal dit nie laat reën nie, die aarde sal nie meer sy opbrengs lewer nie, en julle sal baie gou verdwyn uit die goeie land wat die Here aan julle gee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die toorn van die Here sal teen julle ontbrand en Hy sal die hemel sluit sodat daar nie reën is en die grond nie sy opbrengs lewer nie en julle vinnig verdwyn uit die goeie land wat die Here aan julle gaan gee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As dit gebeur, dan sal die Here kwaad word vir julle en Hy sal die hemel toesluit sodat daar niks reën sal wees nie, daar sal niks in die grond groei nie. Dan sal julle gou verdwyn uit die goeie land wat die Here vir julle gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As julle dit doen, sal julle die Here teleurstel en kwaad maak. Dan sal Hy die hemel toesluit sodat daar nie meer reën sal val nie. Hy sal ook nie langer sorg dat die land sy vrug gee nie. Binne ’n kort tydjie sal julle dan die land wat die Here so graag vir julle wil gee, moet verlaat.