Deuteronomy 11:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as julle nougeset luister na my gebooie wat ek julle vandag beveel, om die HERE julle God lief te hê en Hom te dien met julle hele hart en met julle hele siel, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “As julle al die gebooie wat ek vandag vir julle gee, noukeurig gehoorsaam, en as julle die Here julle God met hart en siel liefhet en Hom dien, |
| Afrikaans 1933/1953 | As julle dan goed luister na my gebooie wat Ek julle vandag beveel, om die HERE julle God lief te hê en Hom te dien met julle hele hart en met julle hele siel, |
| Afrikaans 1983 | “As julle al die gebooie wat ek julle vandag gee, stiptelik gehoorsaam en die Here julle God liefhet en dien met hart en siel, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ As julle goed luister na my gebooie wat ek vandag vir julle voorskryf, naamlik om die Here julle God lief te hê en Hom te dien met julle hele hart en julle hele wese, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: ‘Ek wil hê julle moet doen wat my wette sê, die wette wat Ek vandag vir julle gee. Julle moet lief wees vir My, julle God die Here, julle moet My dien met julle hele hart. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As julle na al die voorskrifte luister wat ek julle vandag gee, as julle die Here werklik liefhet en Hom met oorgawe dien, |