Deuteronomy 11:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) 'n Land waarvoor die HERE jou God sorg; die oë van die HERE jou God is altyddeur daarop, van die begin van die jaar tot die einde van die jaar.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit is ’n land waarvoor die Here jou God sorg. Dag vir dag, dwarsdeur die jaar, hou Hy sy oog op die land!
Afrikaans 1933/1953 'n land waar die HERE jou God voor sorg; die oë van die HERE jou God is altyddeur daarop, van die begin van die jaar tot die einde van die jaar.
Afrikaans 1983 Dit is 'n land waarvoor die Here jou God sorg: van nuwejaarsdag af tot oujaarsdag toe hou Hy ononderbroke sy oog daaroor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit is 'n land waarvoor die Here jou God bly sorg. Die Here jou God hou voortdurend sy oog daaroor – van die begin tot die einde van die jaar.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here hou aan om te sorg vir hierdie land, van die begin tot die einde van die jaar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sal egter vir die land sorg en oor alles waghou.