Deuteronomy 11:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die land waar jy inkom om dit in besit te neem, is nie soos Egipteland waarvandaan jy uitgetrek het nie, waar jy jou saad gesaai en met jou voet natgemaak het, soos 'n tuin van kruie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die land wat julle nou binnegaan en in besit gaan neem, is nie soos Egipte waar julle vandaan kom nie. Daar moes julle julle saad plant en met julle voete leivore maak om dit nat te lei soos in ’n groentetuin. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem, is nie soos Egipteland waar julle uitgetrek het, wat jy met jou saad besaai en met jou voet, soos 'n groentetuin, natgelei het nie. |
| Afrikaans 1983 | Die land wat julle in besit gaan neem, is nie soos Egipte waar julle vandaan kom nie, waar julle julle saad gesaai het en wat julle dan met baie moeite natgelei het asof dit 'n groentetuin is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want die land waarheen jy nou op pad is om dit in besit te neem, is nie soos Egipteland waarvandaan julle weggetrek het nie – 'n land waar jy jou saad gesaai en met leivore natgelei het soos 'n groentetuin. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, julle gaan na daardie land om dit vir julleself te vat, dit is nie soos die land Egipte van waar julle kom nie. In Egipte moes julle saad saai en dit natlei soos 'n groentetuin. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dié land is anders as Egipte. Daar het julle saad geplant en dan moes julle hard werk om dit soos ’n groentetuin nat te lei. |