Deuteronomy 10:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In dié tyd het die HERE die stam van Levi afgesonder om die verbondsark van die HERE te dra, om voor die aangesig van die HERE te staan om hom te dien en in sy Naam te seën, tot vandag toe.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit was in dié tyd dat die Here die stam van Levi afgesonder het om die ark van die Here se verbond te dra, om in die teenwoordigheid van die Here diens te doen en om in sy Naam seën uit te spreek soos wat dit vandag nog hulle taak is.
Afrikaans 1933/1953 In die tyd het die HERE die stam van Levi afgesonder om die verbondsark van die HERE te dra, om voor die aangesig van die HERE in sy diens te staan en in sy Naam te seën tot vandag toe.
Afrikaans 1983 Destyds het die Here die Levistam afgesonder om die verbondsark van die Here te dra, om in sy teenwoordigheid diens te doen en sy dienaars te wees, en om die volk in die Naam van die Here te seën. En so is dit vandag nog.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In daardie tyd het die Here die stam van Levi afgesonder om die verbondsark van die Here te dra, om in diens te staan van die Here, om aan Hom diens te lewer en in sy Naam seën uit te spreek; dit is vandag nog so.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “In daardie tyd het die Here die Levi-stam vir Hom geneem om die verbondskis van die Here te dra. Hulle moes Hom daar dien en vir Hom werk, en hulle moes sy Naam gebruik om die Israeliete te seën. Dit is nou nog so.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “In dié tyd het die Here die stam van Levi vir ’n spesiale werk afgesonder. Hulle moes die ark met die getuienis van die ooreenkoms met die Here dra en sy priesters wees. Hulle moes ook die mense in die Naam van die Here seën. Tot vandag toe is die Leviete priesters.