Deuteronomy 10:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die kinders van Israel het weggetrek van Beërot van die kinders van Jaakan na Mosera; daar het Aäron gesterwe, en hy is daar begrawe; en sy seun Eleasar het in sy plek die priesteramp bedien. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die volk Israel het weggetrek van die putte van Bene-Jaäkan af na Moserot toe. Aäron is daar dood en ook daar begrawe. Sy seun Eleasar het in sy plek priester geword. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die kinders van Israel het van B,ërot Ben,-J äkan weggetrek na Mos,ra toe. Daar het Aäron gesterwe, en daar is hy begrawe; en sy seun Ele sar het die priesteramp in sy plek bedien. |
| Afrikaans 1983 | “Die Israeliete het weggetrek van die putte van Bene-Jaäkan af na Moserot toe. Daar is Aäron oorlede, en daar is hy begrawe. Sy seun Eleasar het toe in sy plek priester geword. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Israeliete het weggetrek van die putte by Bene-Jaäkan en was op pad na Moserot. Daar is Aäron oorlede. Hy is ook daar begrawe en sy seun Eleasar het in sy plek priester geword. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Die Israeliete het van daardie plek, Beërot-Bene-Jakan, verder gegaan na Mosera. Aäron het daar gesterf, en ons het hom daar begrawe. Sy seun Eleasar het ná hom die priester geword. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Israel het op ’n keer in die woestyn by die fonteine van die seuns van Jaäkan gaan woon. Van daar is hulle na Mosera, waar Aäron gesterf het en begrawe is. Sy seun Eleasar het hom as priester opgevolg. |