Deuteronomy 10:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ek het myself omgedraai en van die berg afgekom en die tafels in die ark gesit wat ek gemaak het; en daar is hulle, soos die HERE my beveel het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het toe van die berg afgekom en die klippe in die ark van die verbond wat ek gemaak het, gesit, net soos die Here my beveel het. Die klippe is nog steeds daar in die houer.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En ek het omgedraai en van die berg afgeklim en die tafels in die ark gesit wat ek gemaak het; en dit was daar, soos die HERE my beveel het. |
| Afrikaans 1983 | Toe het ek van die berg af gekom en soos die Here my beveel het, het ek die plat klippe in die ark gesit wat ek gemaak het. Hulle is nog daar.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en ek het omgedraai en van die berg afgegaan. Ek het die tafels in die ark wat ek gemaak het, gesit; en daar het dit gebly soos die Here my beveel het.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en ek het afgegaan van die berg. Ek het teruggegaan en ek het die klippe gesit in die kis wat ek gemaak het, soos die Here vir my gesê het. Die klippe is nog daar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die Here klaar geskryf het, het Hy die plat klippe gevat en dit vir my gegee. Ek is weer bergaf met die klippe onder my arms. Net soos die Here gesê het, het ek die klippe in die ark gaan neersit. |