Deuteronomy 10:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het op die tafels, volgens die eerste skrif, die tien gebooie geskrywe wat die HERE op die dag van die samekoms op die berg uit die vuur tot julle gespreek het; en die HERE het dit aan my gegee.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het weer die bepalings van die verbond, die Tien Gebooie, daarop geskryf en dit vir my gegee. Dit was dieselfde woorde wat die Here op die berg vanuit die vuur vir julle gesê het toe julle onder die berg vergader het.
Afrikaans 1933/1953 En Hy het op die tafels, volgens die eerste skrif, die tien woorde geskrywe wat die HERE op die dag van die vergadering by die berg uit die vuur met julle gespreek het; en die HERE het dit aan my gegee.
Afrikaans 1983 Die Here het in dieselfde skrif as tevore die tien gebooie geskryf wat Hy op die berg, die dag toe die volk bymekaargekom het, uit die vuur uit vir julle gegee het. Daarna het Hy die twee plat klippe vir my gegee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het toe op die tafels, met dieselfde skrif as die vorige, die Tien Gebooie geskryf wat Hy op die berg uit die vuur vir julle aangekondig het, die dag van die byeenkoms. Die Here het dit vir my gegee
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het dieselfde woorde op die plat klippe geskryf, dit was die tien gebooie wat die Here vir julle gegee het toe Hy gepraat het uit die vuur op die berg waar julle bymekaar was. Die Here het die plat klippe vir my gegee,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Bo-op die berg het die Here weer die tien spesiale voorskrifte neergeskryf net soos Hy dit destyds in die vuur by Horeb vir ons gesê het.