Deuteronomy 10:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek het 'n ark van akasiahout gemaak en twee kliptafels gekap soos die eerstes en op die berg geklim met die twee tafels in my hand.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek het toe ’n houtkis van akasiahout gemaak en ook twee plat klippe gekap, net soos die eerstes. Met die twee plat klippe het ek toe teen die berg opgeklim.
Afrikaans 1933/1953 Toe het ek 'n ark van akasiahout gemaak en twee kliptafels soos die eerstes gekap en op die berg geklim met die twee tafels in my hand.
Afrikaans 1983 “Ek het die ark van doringhout gemaak en ek het twee plat klippe soos die voriges gekap. Toe het ek teen die berg uitgeklim met die twee plat klippe in my hand.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Ek het toe 'n kis van doringhout gemaak en twee kliptafels soos die eerstes uitgekap. Daarna het ek teen die berg opgegaan met die twee tafels by my.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Ek het toe 'n kis gemaak van doringhout, en ek het twee plat klippe uitgekap soos die eerste twee klippe. Ek het toe teen die berg opgegaan. Ek het die twee plat klippe in my hande gedra.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ek het die ark van akasiahout gemaak en twee stene soos die eerstes gekap.