Deuteronomy 10:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ek sal op die tafels die woorde skrywe wat op die eerste tafels was wat jy gebreek het, en jy moet dit in die ark sit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal op die klippe dieselfde woorde skryf wat op die kliptafels was wat jy stukkend gegooi het. Sit dan die klippe in die houtkis.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal op die tafels skrywe die woorde wat op die eerste tafels was, wat jy verbrysel het; en jy moet dit in die ark sit. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal op die klippe die gebooie skryf wat op die voriges was wat jy stukkend gegooi het. Dan moet jy die twee plat klippe in die ark sit.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal op die tafels die woorde skryf wat op die eerste tafels was, dié wat jy aan stukke gebreek het. Jy moet dit dan in die kis sit.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal op die plat klippe dieselfde woorde skryf wat op die eerste twee klippe was, die klippe wat jy gebreek het. Jy moet dan hierdie plat klippe in die kis sit.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal dieselfde woorde op die plat klippe skryf as wat Ek die eerste keer daarop geskryf het. Jy moet dit dan vat en in die ark gaan sit.’ |