Deuteronomy 10:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die HERE jou God is die God van die gode en die HERE van die HERE, 'n groot God, 'n magtige en gedug, wat na die persoon nie ag nie en geen beloning aanneem nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die Here jou God is die God van die gode en die Here van die here. Hy is die groot God, magtig en ontsagwekkend. Hy is nie partydig nie en aanvaar ook nie omkoopgeld nie.
Afrikaans 1933/1953 Want die HERE julle God is die God van die gode en die HERE van die here; die grote, magtige en gedugte God wat die persoon nie aansien en geen geskenk aanneem nie;
Afrikaans 1983 Die Here jou God, Hy alleen is God, die Here: die groot God, die magtige, wat wonderdade doen, wat vir niemand partydig is nie en ook nie omkoopgeld aanneem nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here is immers julle God; Hy is die God van die gode en die Heer van die here; die groot, die magtige, die ontsagwekkende God wat onpartydig is en geen omkoopgeskenk aanvaar nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Want julle God die Here is die God van al die gode, Hy is die Koning van al die konings, Hy is die groot en magtige God, almal is bang vir Hom. Hy dink nie een mens is belangriker as 'n ander mens nie, Hy neem nie geld en dan oordeel Hy onregverdig nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die Here jou God is sterker as enige ander god en Hy is magtiger as alle mense op die aarde. Hierdie groot, magtige en sterk God kies nie kant in hofsake nie en word nooit omgekoop nie.