Deuteronomy 10:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Net die HERE het behae gehad in jou vaders om hulle lief te hê, en Hy het hulle nageslag ná hulle uitverkies, julle uit al die volke, soos dit vandag is.
Afrikaans (NLV) 2011 Tog het die Here jou voorouers liefgehad en julle, hulle nageslag, gekies, bo al die ander nasies. Dit is vandag nog so.
Afrikaans 1933/1953 Maar net aan jou vaders het die HERE 'n welgevalle gehad om hulle lief te hê, en Hy het julle, hulle nageslag nhulle, uit al die volke uitverkies, soos dit vandag is.
Afrikaans 1983 En tog het Hy sy liefde net aan jou voorvaders betoon en vir julle, hulle nageslag, uit al die volke uitgekies. Dit is nou nog so.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Slegs aan julle voorouers het die Here Hom verbind om hulle lief te hê. En Hy het julle, hulle nageslag ná hulle, gekies uit al die volke soos dit vandag is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die Here het gehou van julle voorvaders, Hy was lief vir hulle. Julle is hulle nageslag, en die Here het vir julle uit al die volke gekies om aan Hom te behoort, dit is vandag nog so.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En tog het die Here net julle voorvaders liefgehad. Van al die volke op aarde het die Here net vir hulle gekies omdat Hy vir hulle lief was. Tot vandag toe is julle steeds die Here se eiendom.