Deuteronomy 10:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En nou, Israel, wat vra die HERE jou God van jou as om die HERE jou God te vrees, in al sy weë te wandel en Hom lief te hê en die HERE jou God te dien met jou hele hart en met jou hele hart siel,
Afrikaans (NLV) 2011 “En nou, Israel, wat verwag die Here jou God van jou? Hy vra van jou om Hom te eerbiedig, om volgens sy wil te lewe, om Hom lief te hê en Hom met hart en siel te dien.
Afrikaans 1933/1953 En nou, Israel, wat eis die HERE jou God van jou as net om die HERE jou God te vrees, in al sy weë te wandel en Hom lief te hê en die HERE jou God te dien met jou hele hart en met jou hele siel,
Afrikaans 1983 “En nou, Israel, die Here jou God vra net dat jy Hom moet eer, sy wil moet gehoorsaam, Hom moet liefhê en dien met hart en siel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Daarom dan, Israel, wat anders vra die Here jou God van jou as om vir die Here jou God ontsag te hê, om al sy paaie te volg, om Hom lief te hê en die Here jou God te dien met hart en siel,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) [12-13] “En nou, Israeliete, wat wil julle God die Here hê julle moet doen? Hy vra dat julle Hom moet respekteer, dat julle moet lewe soos Hy wil hê, dat julle lief moet wees vir Hom, dat julle elke dag julle God die Here sal dien met julle hele hart, dat julle sal doen wat sy wette sê, die wette wat ek vandag vir julle gee. Julle God die Here vra niks meer van julle nie. As julle dit doen, dan sal dit goed gaan met julle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Israel, wat is dit wat die Here van jou vra? Hy vra net dat jy Hom alleen moet aanbid. Hy vra jou om sy wil te gehoorsaam; om Hom altyd lief te hê; om Hom met jou hele wese en met oorgawe te dien;