Deuteronomy 10:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In dié tyd het die HERE vir my gesê: Kap vir jou twee kliptafels soos die eerstes, en klim na My toe op die berg, en maak vir jou 'n ark van hout. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Op daardie tydstip het die Here vir my gesê: ‘Kap twee plat klippe net soos die eerstes. Maak ook ’n houer van hout waarin dit gebêre kan word. Kom dan op na My toe op die berg. |
| Afrikaans 1933/1953 | In die tyd het die HERE vir my gesê: Kap vir jou twee kliptafels soos die eerstes en klim op die berg na My toe; maak vir jou ook 'n ark van hout. |
| Afrikaans 1983 | “Destyds het die Here vir my gesê: ‘Kap vir jou twee plat klippe soos die voriges en klim die berg uit na My toe. Maak ook 'n ark van hout. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “In daardie tyd het die Here vir my gesê, ‘Kap vir jou twee kliptafels uit, soos die eerstes, en klim teen die berg op na My toe. Maak ook vir jou 'n houtkis. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het gesê: “Die Here het in daardie tyd vir my gesê: ‘Jy moet twee plat klippe uitkap soos die eerste twee klippe wat Ek vir jou gegee het en dan moet jy opkom na My toe op die berg. En jy moet 'n kis maak van hout. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Toe het die Here weer vir my gesê: ‘Kap twee plat klippe, net soos die eerstes wat jy stukkend gebreek het. Maak ook ’n houtark waarin jy die klippe kan sit. Klim dan weer op na My toe bo-op die berg. |