Deuteronomy 1:36 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verlos Kaleb, die seun van Jefunne; hy sal dit sien, en aan hom sal Ek die land gee waarop hy vertrap het, en aan sy kinders, omdat hy die HERE volkome gevolg het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Net Kaleb, die seun van Jefunne, sal die land sien omdat hy die Here enduit gevolg het. Ek sal aan hom en sy nageslag ’n deel gee van die land waaroor hy geloop het toe hy die land verken het.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | behalwe Kaleb, die seun van Jefunne; hy sal dit sien, en aan hom en sy kinders sal Ek die land gee waarop hy geloop het, omdat hy volhard het om die HERE te volg. |
| Afrikaans 1983 | Net Kaleb seun van Jefunne sal die land sien, en aan hom en sy nageslag sal Ek die grond gee waarop hy geloop het, want hy het die Here getrou gevolg.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | behalwe Kaleb, die seun van Jefunne. Hy sal die land sien en vir hom en sy kinders sal Ek die grond gee waarop hy geloop het, omdat hy volkome getrou gebly het aan My, die Here. ’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Net Kaleb seun van Jefunne sal die land sien. Ek sal vir hom en sy kinders die land gee waar hy geloop het, want hy het aangehou om in die Here te glo.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Slegs Kaleb die seun van Jefunne sal die land sien wat Ek vir julle gee. Hy was getrou aan My. Daarom gee Ek ’n deel van die land vir hom en sy kinders.’ |