Deuteronomy 1:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het ek die owerstes van julle stamme, wyse manne en bekendes, geneem en hulle as hoofde oor julle aangestel, owerstes oor duisend en owerstes oor honderd en owerstes oor vyftig en owerstes oor tien en owerstes onder julle stamme. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het toe die wyse en gerespekteerde mans wat julle uit julle stamme gekies het, aangestel om julle as regters en amptenare te dien. Sommige was verantwoordelik vir 1 000 mense, ander vir 100, ander weer vir 50 en sommige vir tien. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het ek die hoofde van julle stamme, wyse en ervare manne, geneem en hulle as hoofde oor julle aangestel, owerstes oor duisend en owerstes oor honderd en owerstes oor vyftig en owerstes oor tien en opsigters volgens julle stamme. |
| Afrikaans 1983 | en ek het die leiers uit julle stamme aanvaar, verstandige manne, manne van aansien, en hulle aangestel as hoofde oor julle, leiers van duisend, van honderd, van vyftig en van tien: amptenare vir julle stamme. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het toe julle stamhoofde geneem, verstandige manne met ervaring, en hulle as hoofde oor julle aangestel: •aanvoerders oor duisend, oor honderd, oor vyftig en oor tien, as opsieners oor julle stamme. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Julle stamhoofde was wyse manne wat geweet het wat om te doen. Ek het hulle aangestel om julle leiers te wees. Party moes leiers wees van 1 000 mense, party was leiers van 100 mense en party was leiers van tien mense. Party moes voormanne wees in die stamme.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het toe mos hierdie verstandige en ervare mense as stamleiers aangestel. Hulle moes julle met die administrasie en die organisasie van die stamme help. Sommige het ek oor 1 000 mense, ander oor 100, 50 of tien mense aangestel. Vir elke stam was daar ook ’n sekretaris. |