Daniel 9:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | O HERE, aan ons behoort verwarring van aangesig, aan ons konings, aan ons vorste en aan ons vaders, omdat ons teen U gesondig het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Here, ons is skaam omdat ons konings, ons leiers en ons voorouers teen U gesondig het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Here, aan ons kom toe beskaming van die aangesig, aan ons konings, aan ons owerstes en aan ons vaders, omdat ons teen U gesondig het. |
| Afrikaans 1983 | Here, hierdie ellende het oor ons, oor ons konings, oor ons leiers en oor ons familiehoofde gekom omdat ons teen U gesondig het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Here, by ons is daar gesigte vol skaamte – by ons konings, ons hoë amptenare en ons voorouers, omdat ons teen U gesondig het; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons is skaam, Here, want ons het sonde gedoen teen U. Ons konings, ons amptenare en ons voorvaders het sonde gedoen teen U. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Here, hierdie skande het oor ons gekom omdat ons konings, ons leiers en ons voorouers U in die steek gelaat het met hulle skandelike dade. |