Daniel 9:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ons het ook nie geluister na u knegte, die profete nie, wat in u Naam gespreek het tot ons konings, ons vorste en ons vaders en tot die hele volk van die land. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ons het nie na u dienaars, die profete geluister nie. Hulle het namens U met ons konings, ons leiers, ons voorgeslagte en almal wat in die land woon, gepraat. |
| Afrikaans 1933/1953 | En ons het nie geluister na u knegte, die profete, wat in u Naam gespreek het tot ons konings, ons owerstes en ons vaders en tot die hele volk van die land nie. |
| Afrikaans 1983 | Ons het nie geluister na u dienaars die profete nie, wat in u Naam ons konings, ons leiers, ons familiehoofde en die hele bevolking aangespreek het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En ons het nie geluister na u diensknegte die profete nie, hulle wat in u Naam gepraat het met ons konings, ons •hoë amptenare, ons voorouers en met die hele volk van die land. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons het nie geluister na die profete nie. Hulle was u dienaars. Hulle het u boodskap gebring vir ons konings, ons amptenare, ons voorvaders, vir al die mense in die land. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ons het geweier om te luister na u boodskappers wat in u Naam met ons konings, ons leiers, ons voorouers en die hele volk gepraat het. |