Daniel 9:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ons het gesondig en ongeregtigheid gepleeg en goddeloos gehandel en in opstand gekom deur af te wyk van u bevele en van u verordeninge. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ons het gesondig en verkeerd gedoen. Ons het teen U oortree en van u bevele en gebooie afgewyk. |
| Afrikaans 1933/1953 | ons het gesondig en verkeerd gedoen en goddeloos gehandel en in opstand gekom en van u gebooie en verordeninge afgewyk. |
| Afrikaans 1983 | Ons het gesondig, ons het oortree, ons het verkeerde dinge gedoen, ons was opstandig en het nie gelewe volgens u gebooie en u bepalings nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ons het gesondig, ons het verkeerd opgetree, ons het ons skuldig gemaak en in opstand gekom. Ons het afgewyk van u gebooie en u beslissings. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons het sonde gedoen, ons het verkeerd gedoen. Ons het nie geluister na U nie, ons het nie gedoen wat U gesê het ons moet doen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar ons het sonde gedoen en die pad byster geraak. Ons het in opstand teen U gekom en die rug vir u opdragte en reëls gedraai. |