Daniel 9:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ek het tot die HERE my God gebid en my belydenis afgelê en gesê: HERE, die groot en vreeslike God, hou die verbond en die barmhartigheid vir die wat Hom liefhet en aan die wat sy gebooie bewaar; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het vir die Here my God gebid en voor Hom my skuld bely. Ek het gebid: “Ag, Here, U is ’n groot en geweldige God. U hou by u verbond. U bly lojaal aan dié wat u bepalings navolg. |
| Afrikaans 1933/1953 | En ek het tot die HERE my God gebid en belydenis gedoen en gesê: Ag, Here, grote en gedugte God, wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom liefhet en sy gebooie onderhou, |
| Afrikaans 1983 | Ek het tot die Here my God gebid en bely: “Ag, Here, groot en ontsagwekkende God, U handhaaf u verbond en u trou teenoor dié wat vir U liefhet en u gebooie gehoorsaam. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het gebid tot die Here, my God; ek het bely en gesê: “Ag, my Heer, U is die groot en ontsagwekkende God wat die verbond en verbondstrou in stand hou vir hulle wat Hom liefhet en sy gebooie nakom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het gebid tot my Here, tot God. Ek het my sonde en die sonde van my volk bely en gesê: “Here, U is die Groot God. Almal moet bang wees vir U en hulle moet U eer. U maak 'n verbond met die mense wat lief is vir U en wat doen wat U gesê het. U is lief vir hulle. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe het ek tot die Here my God gebid en bely: “O Here, U is ’n groot en verskriklike sterk God! U kom altyd u beloftes na teenoor die mense wat U liefhet en doen wat U van hulle verwag. |