Daniel 9:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek het my aangesig tot die HERE God gerig om te soek deur gebed en smekinge, met vas en rouklere en as.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het toe voor God die Here gekom en gevas en gebid. Ek het sakke aangetrek en as oor my gestrooi.
Afrikaans 1933/1953 En ek het my aangesig tot die Here God gerig om met vas, en in roukleed en as, my aan gebed en smekinge te wy.
Afrikaans 1983 Daarom het ek my na die Here God gewend in gebed en smeking: ek het gevas, rouklere aangetrek en as oor my kop gegooi.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het my tot God, my Heer, gewend om Hom in gebed en smeking te soek, deur te vas, in 'n roukleed en met stof op die kop.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het tot my Here, tot God, gebid. Ek het gevas en getreur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom het ek met gebed en smeking voor die Here God gaan staan. Ek het glad nie geëet nie, rouklere aangetrek en as op my kop uitgegooi as teken van my opregtheid.